Mauricio Macri

Mauricio Macri
Mauricio Macri
Amptelike portret, 2015

President van Argentinië
Ampstermyn
10 Desember 2015 – 10 Desember 2019
Vise Gabriela Michetti
Voorafgegaan deur Cristina Fernández de Kirchner
Opgevolg deur Alberto Fernández

5de Regeringshoof van Buenos Aires
Ampstermyn
10 Desember 2007 – 9 Desember 2015
Voorafgegaan deur Jorge Telerman
Opgevolg deur Horacio Rodríguez Larreta

30ste Voorsitter van die Boca Juniors
Ampstermyn
27 Februarie 2008 – 1 Junie 2008
Voorafgegaan deur Pedro Pompilio
Opgevolg deur Jorge Amor Ameal
Ampstermyn
13 Desember 1995 – 4 Desember 2007
Voorafgegaan deur Pedro Pompilio
Opgevolg deur Pedro Pompilio

Persoonlike besonderhede
Gebore 8 Februarie 1959 (1959-02-08)
Tandil, Argentinië
Politieke party Respuesta Republicana (PRO)
Eggenoot/-note Yvonne Bordeu (1981–1991)
Isabel Menditeguy (1994–2005)
Juliana Awada (sedert 2010)
Kind(ers) Agustina
Jimena
Francisco
Antonia
Alma mater Pontifikale Katolieke Universiteit van Argentinië
Religie Rooms-Katoliek
Handtekening

Mauricio Macri [mauˈɾisjo ˈmakɾi] (* 8 Februarie 1959) is 'n Argentynse siviele ingenieur, sakeman en politikus van die konserwatiewe party Propuesta Republicana (PRO; "Republikeinse Voorstel") wat tussen 10 Desember 2007 en 9 Desember 2015 die amp van regeringshoof van die outonome stad Buenos Aires beklee het.

Macri, die seun van die bekende Italiaanse sakeman en nyweraar Francisco Macri, was PRO se kandidaat in die presidensiële verkiesing van 2015. In die tweede rondte van dié verkiesing het hy op 22 November 2015 met 51,4 persent van die uitgebragte stemme 'n oorwinning oor die Peronistiese regeringskandidaat Daniel Scioli behaal. Macri is op 10 Desember 2015 as staatspresident en opvolger van Cristina Fernández de Kirchner ingesweer en het tot 10 Desember 2019 dié amp beklee.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search